Gaan na inhoud

Rekeningkunde

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Rekeningkunde behels die stelselmatige en noukeurige boekstawing van finansi�le inligting en transaksies waaruit samevattende finansi�le state opgestel word wat die winsgewendheid al dan nie van 'n onderneming ontleed, vertolk en aan die onderneming se bestuur en aandeelhouers of eienaars vir beoordeling voorgel� word. Dit fokus op die meting van prestasie en die verwerking en kommunikering van die finansi�le inligting van ekonomiese sektore. Die dissipline van rekeningkunde verseker etiese gedrag, deursigtigheid en verantwoordbaarheid. Baie min rekenkundiges besef dat die w�reldwye tradisionele rekenkunde formaat werklike waarde vernietig as gevolg van die bestendige waarde aanneming. Inflasierekeningkunde stel dit reg.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Gedurende die 13de eeu het ekonomiese- en handelsaktiwiteite in Europa in omvang begin toeneem. Die tradisionele alleeneienaar of alleenhandelaar is aangevul deur vennootskappe met meer as een eienaar, asook deur ander soorte sakeondernemings. Die toenemende ekonomiese aktiwiteite het gelei tot sterker mededinging en kleiner winste. Die handelaars moes doeltreffender sake doen. Hulle moes 'n metode ontwikkel vir die opskryf van transaksies - die koop en verkoop van goedere en die ontvangs en betaling van geld.

Die mees gevorderde bankstelsels in Europa was daardie tyd in Itali�. Die boekhoustelsel het verdere ontwikkeling in Itali� ondergaan.

Die toenemende handelsaktiwiteite het gelei tot 'n behoefte aan 'n stelsel waarvolgens 'n groot aantal saketransaksies aangeteken kan word. S� 'n stelsel moes volledige finansi�le inligting verskag wat vir die daaglikse bestuur van 'n onderneming nodig was. Handelaars moes redelik maklik en gou kon bepaal presies wat die finansi�le toestand van hul onderneming op enige tydstip was.

Die stelsel wat in Itali� ontstaan en toegepas is, is die dubbelinskrywingstelsel genoem. D�t was 'n boekhoustelsel wat ontwerp is om transaksies te boekstaaf.

Die oorspronklike dubbelinskrywingstelsel is met verloop van tyd ontwikkel en by nuwe behoeftes aangepas. Aan die begin is met die hand boekgehou. Dit is later deur boekhoumasjiene vervang. Vandag word die meeste boekhouing deur rekenaars gedoen. Die beginsels bly steeds dieselfde. Alle handelinge wat in 'n onderneming uitgevoer word, word in geld uitgedruk en word as geskiedenis geboekstaaf.

In rekeningkunde word metodes om ordentlik en sistematies boek te hou van alle gebeurtenisse in 'n sakeonderneming, of handelinge deur 'n individu wat in geldbedrae uitgedruk is, bestudeer. Sulke gebeurtenisse of handelinge staan bekend as transaksies. Daar word ook maniere om die resultate van die transaksies te ontleed en te vertolk, bestudeer.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Rekeningkunde: 'n logiese benadering deur Archer · Snyman · Ndwalane · Van der Merwe, Nasou, 2005