Gaan na inhoud

Mogoeng Mogoeng

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mogoeng Mogoeng in 2019.

Mogoeng Thomas Reetsang Mogoeng (gebore 14 Januarie 1961) is 'n Suid-Afrikaanse regsgeleerde wat vanaf 8 September 2011 tot sy aftrede op 11 Oktober 2021 as die hoofregter van Suid-Afrika gedien het.[1][2][3]

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Mogoeng is op 14 Januarie 1961 in Goo-Mokgatha (Koffiekraal) dorpie naby Zeerust in die Noord-Wesprovinsie gebore. [3] Sy pa was 'n mynwerker en sy ma 'n huishulp.[4] Mogoeng het op hoërskool polities aktief geword, waaruit hy kortstondig geskors is omdat hy 'n gedenkteken vir die slagoffers van die Soweto-opstand georganiseer het.[4]

Mogoeng het 'n B.Juris in 1983 van die Universiteit van Zoeloeland en 'n Baccalaureus in Regte in 1985 van die Universiteit van Natal ontvang.[1] Daar was hy aktief in die Azanian Students' Movement gedurende 'n tyd van ernstige onderdrukking deur die SAW.[4] Vanaf 1985 het hy vir die regering van Bophuthatswana gewerk as 'n hooggeregshofaanklaer in Mahikeng;[1] hoewel werk vir 'n bantoestan gestigmatiseer is, was Mogoeng verplig om dit vir vyf jaar te doen om sy regeringsbeurs terug te betaal.[4] Hy het in 1989 'n Magister in Regte per korrespondensie aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf.[1]

Mogoeng het Bophuthatswana se staatsdiens die volgende jaar verlaat om as 'n advokaat te begin praktiseer.[1] Na 'n kort tydperk by die Johannesburgse Balie, het Mogoeng na Mahikeng teruggekeer, waar hy vir ses jaar gepraktiseer het [2] Hy was die voorsitter van Lawyers for Human Rights se Bophuthatswana-afdeling en 'n deeltydse dosent aan die Universiteit van Bophuthatswana (nou Noordwes-Universiteit).[1][4]

Hy was ook lid van die Nywerheidshof van Suid-Afrika. Mogoeng het in 1992 vir 'n jaar lesings in strafreg en strafprosesreg aan die Universiteit van KwaZulu-Natal gegee.

Tussen 1994 en 1997 was Mogoeng 'n direksielid van talle Suid-Afrikaanse maatskappye, insluitend MetLife Suid-Afrika, en ondernemings in staatsbesit. Hy het ook vir die Suid-Afrikaanse Verkiesingskommissie gewerk. In 1997 is hy as regter van die Noordwes Hooggeregshof aangestel. In 2000 het hy na die Arbeidsappèlhof van Suid-Afrika verhuis voordat hy twee jaar later as Hoofregter na die Noordwes Hooggeregshof teruggekeer het. Hy het hierdie pos beklee tot 2009. Hy is toe as regter by die Konstitusionele Hof van die Republiek van Suid-Afrika aangestel. Jacob Zuma het hom op 8 September 2011 as hoofregter van die konstitusionele hof aangestel en hy het Sandile Ngcobo opgevolg. [5]

Kontroversies

[wysig | wysig bron]

Sy aanstelling as hoofregter van die konstitusionele hof van Suid-Afrika het nasionaal sowel as internasionaal kritiek ontvang.[6][7] Mogoeng het self hierdie kritiek toegeskryf aan sy aktiewe betrokkenheid by die Christian Winner's Chapel, waar hy aktief is as lekeprediker.[8] Mogoeng word daarvan beskuldig dat hy in die loop van hierdie aktiwiteit gesamentlik verantwoordelik was vir doodvonnisse, wat uitgelê is sonder dat die beskuldigdes voldoende geleenthede gebied is om hulself te verdedig.[9] Mogoeng se herhaalde verskynings en uitsprake, waarin hy sy Christelike fundamentalistiese wêreldbeskouing openlik ten toon gestel het, is met openbare kritiek tegemoet gekom. Mogoeng het hom in die openbaar uitgespreek teen verpligte inenting, wat hy gedeeltelik met godsdienstige redes gestaaf het.[10][11][12]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "Profile: Justice Mogoeng Mogoeng". Constitutional Court of South Africa.
  2. 2,0 2,1 "Who's Who SA: Mogoeng Mogoeng". Besoek op 24 Mei 2013.
  3. 3,0 3,1 Oxtoby, Chris (2013). "New Appointments to the Constitutional Court 2009-2012". South African Law Journal: 219–230.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 "Constitutional Court Oral History Project: Mogoeng Mogoeng" (PDF). 2 Februarie 2012.
  5. o.V. Zuma picks Mogoeng as chief justice, Mail & Guardian, 2005-08-16, online Besoek 2013-06-26
  6. Emily Kinama. "Is the Appointment of Justice Mogoeng Mogoeng as Chief Justice in the Interest of the People?" (in englisch). Institute for Security Studies. Besoek op 26 Junie 2013.{{cite web}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  7. o.V.], Nobel winners join battle to stop South African judge landing top job, The Scotsman, 2011-09-08, [1] , besoek
  8. Charl du Plessis, Mogoeng and the prophet, City Press, 2013-05-19, http://www.citypress.co.za/news/mogoeng-and-the-prophet/wayback=20130522202203
  9. https://www.news24.com/citypress/SouthAfrica/News/Mogoeng-death-row-outcry-20110827, Mogoeng death row outcry, besoek 2021-11-22
  10. Ismail Lagardien, https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2020-12-15-mogoeng-is-not-just-wrong-he-is-also-dangerous-mainly-because-people-take-him-seriously/ OPINIONISTA: Mogoeng is not just wrong, he is also dangerous – mainly because people take him seriously. 2020-12-15, besoek 2021-11-22
  11. Pontsho Pilane, https://www.news24.com/citypress/voices/the-real-danger-of-mogoeng-mogoeng-20201213 Mogoeng’s Christian fanaticism has far-reaching consequences for SA. Besoek 2021-11-22}}
  12. Modidima Mannya, https://www.news24.com/citypress/columnists/modidimamannya/mogoeng-has-caused-huge-damage-to-the-judiciary-20201215 ,Mogoeng has caused huge damage to the judiciary. Besoek op 2021-11-22}}